Kaas-en-mielie-viskoekies met komkommerslaai

FOTO Lee Malan

Kos

Kaas-en-mielie-viskoekies met komkommerslaai

Die viskoekies lyk nie net mooi nie, dit smaak ook nog lekker so met die kaas en mielies in.

genoeg vir 4

Gaarmaaktyd: 15 minute

• 400 g geblikte sardyne in tamatiesous
• hand vol pietersielie, gekap
• 1 ui, fyngekap
• 125 g geblikte mielies
• 125 g cheddarkaas, gerasper
• 3 snye lae-GI-bruinbrood, fyngebreek
• sout en fyngemaalde
• swartpeper
• koekmeel om viskoekies in te rol
• 1 eier
• 100 g droë broodkrummels
• 60 ml olyfolie
• 30 ml rooiwyn-asyn
• 15 ml suiker
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 1 komkommer, in repe gesny
• 4 baba-komkommers, in ringe gesny
• 1 ui, in ringe gesny
• eetbare blomme

Verhit oond tot 200 °C. Plaas sardyne, pietersielie, ui, mielies, kaas en fyngebreekte brood in ‘n mengbak. Meng goed deur en geur met sout en peper. Vorm viskoekies. Rol koekies in meel, doop in eier en rol dan in broodkrummels. Laat 10 minute in yskas rus. Maak slaaisous van olie, asyn, suiker en knoffel. Geur met sout en peper. Pak viskoekies op bakplaat en bak sowat 20 minute tot bros. Meng komkommer en ui met slaaisous. Sit voor saam met viskoekies en versier met eetbare blomme.