Gebak

Kabeljou met ’n kruiekors

  • Een vars kabeljou (kop en stert af), oopgevlek
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • sap van 2 suurlemoene
  • 250 ml vars broodkrummels
  • 100 ml vars kruie – basiliekruid, origanum en vinkel – fyngekap in ’n voedselverwerker
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 125 ml olyfolie

Verhit jou oond tot 200 °C. Geur die vis met sout en peper en die suurlemoensap. Meng die broodkrummels, kruie, knoffel en olyfolie saam. Pak die kruiemengsel bo-op die vis. Bak vir ongeveer 20 minute. Sodra die dikste deel van die vis wit binne is, is die vis gaar.

 

Om te drink

’n Vol, komplekse wyn soos die organiese Laibach White Ladybird, ’n versnit van chardonnay, viognier en chenin blanc.