Kammossel-en-chorizo-kebabs

Kammossel-en-chorizo-kebabs FOTO Donna Lewis

Diabeties

Kammossel-en-chorizo-kebabs

Skulpvis is vir my die mooiste en die lekkerste van die see se kosjuwele. Die meeste soorte is deesdae bevrore te koop.

Deesdae kry jy die mooistegroot kammossels (scallops) op ons winkelrakke. Ek noem dit die murg van seekos.Probeer my kammossel-en-chorizo-kebabs

genoeg vir 4

• 1 chorizoworse van 225 g, in 24 ringe gesny
• 8 hout-kebabstokkies
• 16 kammossels (scallops)
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 1 brandrissie, fyngekap
• hand vol pietersielie, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 2 cm-stuk gemmer, geskil en fyngerasper
• 20 ml kanola-olie
• sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene
• 400 g rou heel aspersies

Verhit oond tot 200 °C. Ryg 1 skyf chorizowors op ’n kebabstokkie, gevolg deur ’n mossel, nog ’n skyf chorizo, weer ’n mossel en laastens nog ’n skyf chorizo. Maak 8 sulke kebabs. Geur goed met sout en peper. Meng brandrissie, pietersielie, knoffel, gemmer, olie en sap en skil van suurlemoen saam. Pak aspersies onderin groot oondbraaibak en pak kebabs bo-op. Sprinkel pietersieliemengsel bo-oor. Bak 15 – 20 minute of tot kammossels begin verbruin en gaar is.

Kammossel-en-chorizo-kebabs

Kammossel-en-chorizo-kebabs
FOTO Donna Lewis

Ontleding

kilojoules 1641 | koolhidrate 7,7g | proteïen 14,2g | vet 30,1g

Heerlik vir jou! Gesond vir diabete