Foto deur Donna Lewis
SARIE KOS OKT/NOV 2013

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS OKT/NOV 2013

Resepte

Kerriemossels en tjips

Mossels word tradisioneel in witwyn met pietersielie en knoffel gestoom. Gee dit ’n ryker smaak met ’n romerige kerriesous, maak Belgiese frites daarby en jy het die perfekte TV-ete.
Genoeg vir 6

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies
  • 2 brandrissies
  • 30 ml koljander
  • 30 ml komyn
  • 20 ml vinkel
  • 30 ml masala
  • 1 lourierblaar
  • 1 x 400 ml-blik klapperroom
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 kg halfskulp-mossels, ontdooi
  • hand vol koljander, fyngekap

Tjips

  • 6 aartappels, geskil
  • sonneblomolie vir diepbraai

Verhit olyfolie tot warm in ’n middelslag-pot. Voeg ui, knoffel en
brandrissie by. Roerbraai vir 2 minute of tot begin verbruin. Voeg al die
speserye en lourierblaar by. Verlaag hitte en braai vir nog 5 – 6 minute
of tot mengsel baie geurig is. Gooi ’n klein bietjie water by as dit lyk of
die mengsel begin aanbrand. Voeg klapperroom by en geur goed met sout
en peper. Laat mengsel stadig prut vir 8 – 10 minute of tot lekker romerige
sous vorm. Hou eenkant. Maak solank die tjips Sny aartappels in ronde
skywe van 5 mm dik en sny elke skyf dan weer in lang skyfies van 5 mm
dik. Hou in water terwyl jy die res sny. Verhit olie tot warm en braai ’n hand
vol skyfies op ’n slag tot goudbruin en bros – so 5 – 8 minute. Dreineer op
kombuispapier en hou in lou oond warm terwyl jy res braai. Verhit sous
weer, voeg mossels by en meng deur. Plaas deksel op pot en laat kook vir
5 – 8 minute of tot mossels gaar is. Verwyder van hitte en roer koljander
deur. Sit warm mossels voor met tjips.