Donna Lewis

Resepte

Kerrievis

Die kerrievis-resep op bl. 114 was elke Paasnaweek op ons tafel. Ek gee die resep ekstra
geur met vinkel- en koljandersaad.
genoeg vir 8

  • 1,75 kg ferm wit vis
  • 45 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 100 g (125 ml) suiker
  • 50 ml kerriepoeier
  • 15 ml borrie
  • 15 ml vinkelsaad
  • 15 ml koljander
  • 3 ml rooipeper
  • 750 ml witasyn
  • 125 ml water
  • 4 uie, in ringe gesny
  • 6 lourierblare

Verhit oond tot 200 °C. Plaas vis op bakplaat met velkant na onder. Sprinkel olyfolie oor en geur goed met sout en peper. Bak vir 8 – 10 minute of tot vis goudbruin en gaar is. Plaas
intussen res van bestanddele in groot pot en bring tot kookpunt. Laat kook vir 5 minute. Plaas vis in plat glasbak en gooi warm sous oor. Laat koel af tot kamertemperatuur. Maak toe en laat piekel in yskas vir minstens 24 uur.