Resepte

Klein frittatas met gerookte forel

(sowat 20 klein frittatas)

  • sowat 30 ml botter
  • 4 eiers
  • 60 ml room
  • 2 ml vars dille, gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • sowat 125 g crème fraîche
  • 200 g gerookte forel

Verhit oond tot 150 °C. Smeer muffinpannetjies (volume 25 ml elk) met botter. Klits eiers en room saam en voeg dille by. Geur met sout en swartpeper. Verdeel tussen pannetjies en bak vir
15 minute. Skakel oond se roosterelement aan en rooster vir 5 minute. Die frittatas pof taamlik op. Haal uit en laat effens afkoel voordat jy dit uit pannetjies haal. Laat heeltemal afkoel voordat jy ‘n teelepel crème fraîche bo-op elkeen skep en dit met forel afrond. Geur met varsgemaalde swartpeper na smaak.