sk090106hr_tuis07
6 uur tuis, eet half 7

Krapkoekies

4 porsies

  • 400 g geblikte krapvleis, gedreinee
  • 45 ml mayonnaise
  • 2 sprietuie, gekap
  • 45 ml gekapte   pietersielie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 2 eiers, geklits
  • 250 ml droë broodkrummels
  • botter, om koekies in te braai

Meng krapvleis, mayonnaise, sprietuie en pietersielie. Geur met sout en swartpeper. Vorm koekies. Doop koekies in geklitste eier en dan in broodkrummels. Smelt botter in pan en braai koekies weerskante tot bruin. Dreineer op kombuispapier. Sit voor saam met slaai.