Resepte

Kruie-steurgarnaal-en-calamari-slaai

  • 500 ml vars kruisement, grofgekap
  • 500 ml vars koljander, grofgekap
  • 500 ml vars pietersielie, grofgekap
  • groot bos radyse, in skyfies gesny
  • 1 kg steurgarnale, skoongemaak (behou die sterte)
  • 3 calamari-steaks, ingekerf en in dik repe gesny
  • 10 ml vissous
  • 5 ml fyngekapte knoffel
  • varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 30 ml olyfolie

Meng die kruisement, koljander, pietersielie en radyse in ’n mengbak. Plaas die steurgarnale in ’n bak en meng met 5 ml van die vissous en helfte van die knoffel. Voeg die helfte van die olyfolie by en meng totdat die steurgarnale bedek is. Sit die calamari in ’n mengbak en gooi die res van die vissous, knoffel en olyfolie oor. Meng tot die calamari bedek is. Verhit ’n kleefvrye pan en braai die calamari ’n paar minute. Haal uit en hou eenkant. Braai die steurgarnale in dieselfde pan tot hul kleur na pienk verander. Haal uit. Meng die calamari en steurgarnale met die kruie en radyse. Maak nou die slaaisous.

Slaaisous

  • 80 ml suurlemoensap
  • 160 ml olyfolie
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 15 ml gerasperde suurlemoenskil
  • 125 ml geroosterde kasjoeneute, gekap

Meng al die bestanddele goed saam en gooi oor die slaai.