Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Gebak

Maklike vispastei

4 porsies
Verhit oond tot 180 °C. Poseer 300 g skelvis tot gaar. Sny 250 g witsampioene in skywe. Smelt 15 ml botter in ’n pan. Braai sampioene tot gaar en geur met sout en peper. As daar enige vloeistof is, moet jy dit afgooi. Skil 8 Mediterreense aartappels en sny in skywe. Skeur ’n handvol vars basiliekruidblare. Smeer ’n oondbak met botter. Pak ’n laag aartappels, dan ’n bietjie sampioene en basiliekruidblare, en plaas stukke skelvis bo-op. Herhaal sodat jy met aartappels as boonste laag eindig. Geur met varsgemaalde swartpeper. Gooi 500 ml room oor en bak in warm oond vir 1 uur 10 minute.