Resepte

Mauritius-visslaai

(4 porsies)

  • 500 ml olie, vir diepbraai
  • 500 g ferm witvis, in 2,5 cm-blokkies gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 100 g koekmeel
  • 45 ml olyfolie
  • 100 g rooi-ui, in dun skyfies gesny
  • 2 rooi brandrissies, in dun ringetjies gesny
  • 10 g vars koljanderblare, fyngekap
  • 20 g sprietuie, in dun skyfies gesny
  • 100 g tamaties, in dun skyfies gesny
  • 2,5 ml bevrore Thaise lemmetjie, gerasper
  • 30 ml vars suurlemoensap

Verhit olie in ‘n diep kastrol. Geur vis met sout en swartpeper en rol dit in meel. Diepbraai tot bros en goudbruin. Dreineer op kombuispapier en laat afkoel. Meng oorblywende bestanddele in ‘n groot mengbak en voeg vis by. Meng goed en geur met sout en swartpeper na smaak. sit koud voor met vars brood.