FOTO Michael le Grange

FOTO Michael le Grange

Kos

Mediterreense snoek oor die kole

Probeer dié anderste manier van snoek braai – dis héérlik!

genoeg vir 6 – 8

• 45 ml olyfolie plus ekstra vir braai 3 rooi soetrissies
• 1 ui, gekap
• 2 knoffelhuisies
• 6 tamaties, in kwarte gesny
• 35 ml gerookte paprika
• 30 ml sjerrie-asyn
• 1 rooi brandrissie (bird’s eye), gekap
• sout en varsgemaalde swartpeper kole vir braai
• 3 snoeke, oopgevlek
• 60 ml botter, gesmelt
• hand vol koljanderblare, fyngekap
• 2 x 100 g-sakkies groen olywe, ontpit
• hand vol basiliekruidblare

Smeer olyfolie op soetrissies en plaas op oop gasvlam. Braai 5 – 10 minute terwyl jy rissies heeltyd draai. Braai tot pikswart. Plaas in bak en maak toe met kleefplastiek sodat rissies kan sweet – sowat 5 minute. Krap swart skille af met skerp mes. Verhit nog bietjie olie in middelslag-pot. Voeg ui en knoffel by. Braai 5 minute of tot ui begin verbruin. Voeg gaar soetrissies, tamaties, paprika, asyn en brandrissie by. Verlaag hitte en prut 15 – 20 minute of tot tamaties sag en pap is. Geur goed met sout en peper. Verpulp met staafmenger tot growwe sous en hou eenkant warm.

Sorg dat kole medium-warm is. Plaas snoek op toeklaprooster met velkant na onder. Geur met sout en peper. Meng botter en koljander en verf oor snoek. Maak rooster toe en braai snoek 10 – 12 mi- nute terwyl jy rooster heeltyd draai en vis bedruip met bottermengsel. Plaas gaar snoek op opdienbord. Voeg olywe by tamatiesous en skep oor snoek. Skeur basiliekruid bo-oor.