Foto deur Donna Lewis SARIE KOS JUN/JUL 2012

Resepte

Mossels in bier-roomsous

Sit dié een voor met ʼn glas yskoue bier.

(4 – 6 Porsies)

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 250 g spek, grofgesny
  • 340 ml lager-bier
  • 250 ml room
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 kg mossels, skoongemaak

Verhit olyfolie in middelslagpot tot warm. Voeg ui, knoffel en spek by en braai 5 – 8 minute of tot dit begin verbruin. Voeg bier by en laat helfte  wegkook. Voeg room by en prut nog 5 minute. Geur goed met sout en peper. Voeg mossels by en plaas deksel op pot. Laat stoom 3 – 5 minute of tot die doppe oopgaan. Verwyder mossels wat nie oopgegaan het nie. Sit voor.