Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS DES 2012/JAN 2013

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS DES 2012/JAN 2013

Resepte

Mossels met avokadosalsa

Hier is ʼn baie anderste manier om mossels voor te sit.

  • 24 toeskulp-swartmossels
  • 1 avokado
  • 30 ml gekapte vars koljander
  • 1 rooi brandrissie, fyngekap
  • 15 ml suurlemoensap
  • 15 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • koljander-mikrokruie

Bring ’n groot kastrol met water tot kookpunt. Sit mossels in en kook tot skulpe oopgaan. Die mossels wat nie oopgaan nie, moet jy eerder weggooi. Dreineer en laat koud word. Maak elke mossel van die skulp los. Plaas nou twee mossels in een helfte van ’n skulp. Sny avokado in baie klein blokkies. Meng blokkies met koljander, brandrissie, suur-lemoensap en olyfolie. Geur met sout en peper. Skep bo-op mossels en sprinkel met mikrokruie.