Lee Malan

Resepte

Omelet met gerookte forel en sampioene

Verdeel die mengsel en bak dit in twee aparte panne op jou stoof sodat jy die omelette saam kan voorsit. Lig en smaaklik.
Genoeg vir 2
Gaarmaaktyd: 15 minute

  • 8 eiers
  • 100 ml room
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 60 ml olyfolie
  • 250 g gemengde sampioene, in repe gesny
  • 250 g gerookte forel, in stukkies geskeur
  • sout en varsgemaalde
  • swartpeper
  • hand vol pietersielie, gekap
  • 20 g pecorinokaas
  • 125 g roomkaas

Klits eiers, room en knoffel goed saam. Hou eenkant. Verhit olyfolie in ’n groot genoeg pan en braai sampioene tot byna sag. Voeg forel by en geur met pietersielie, sout en peper. Voeg eiermengsel by sampioen-en-forelmengsel en roer goed deur tot dit net begin stol. Verlaag hitte en plaas deksel op tot eier byna heeltemal gestol het. Sprinkel kaas oor. Vou omelet toe en sit voor met roomkaas.