Micky Hoyle

GEROOKTE-FOREL-ENPESTO- ROULADE FOTO Micky Hoyle

Bykos

Gerookte forel en pesto-roulade

’n Ou staatmaker wat jy kan geur en vul met byna enigiets onder die son … Maak dit klaar voor jou kuiergaste opdaag.

Genoeg vir 6

• 50 g (55 ml) botter
• 50 g (90 ml) koekmeel
• 500 ml melk
• 100 ml basiliekruid-pesto
• 6 eiers, geskei
• 100 g bokmelkkaas
• 250 ml room
• 200 g gerookte forel – kan met dun gesnyde ham vervang word

1 Verhit oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier en spuit goed met kleefwerende kossproei. Smelt botter in ’n klein kastrol en voeg meel by. Gooi melk bietjies-bietjies by en roer goed ná elke byvoeging tot ’n dik sous vorm. Haal af van stoof, gooi in mengbak en laat afkoel. Voeg pesto by. Voeg eiergele een-een by en roer goed ná elke byvoeging.

sarie019

2 Klits eierwitte styf. Vou in pesto-mengsel in. Gooi mengsel in voorbereide bakplaat. Bak 12 – 15 minute totdat ’n toetspennetjie skoon uitkom.

Stap 2

3 Keer roulade uit op ’n skoon afdroogdoek. Rol styf op terwyl dit nog effens warm is. Laat minstens 1 uur lank afkoel.

Stap 3

4 Klits bokmelkkaas en room saam met ’n elektriese handklitser. Rol roulade oop en verwyder bakpapier. Smeer ’n lagie kaasmengsel op die bodem en pak forel boop. Rol styf op en verkoel sowat 30 minute in yskas. Sny in skywe van sowat 3 cm. Sit voor met groenslaai en orige pesto.

Stap 4

Laai jou inkopielys af as ’n JPEG