Oondgebakte forel

FOTO Donna Lewis

Gebak

Oondgebakte forel

Seekos vra min geure. Maak seker jy gebruik die beste vis sodat dit op sy lekkerste smaak.

genoeg vir 8

• 2 x 700 g forelfilette
• sap en skil van 2 suurlemoene
• 30 g sagte kruie (vinkel, pietersielie en koljander), fyngekap
• + sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Plaas forelfilette in oondroosterpan. Sprinkel sap en skil van suurlemoen oor. Geur goed met sout en peper. Sprinkel gekapte kruie oor. Bedek pan en rooster toe in oond vir 10 minute. Maak pan oop en rooster ’n verdere 15 minute of tot vis gaar is. Sit warm voor met beetslaai.