FOTO Micky Hoyle

SARIE KOS DES 2012/JAN 2013

FOTO Micky Hoyle SARIE KOS DES 2012/JAN 2013

Resepte

Oondgebakte snoek met gebakte patats

genoeg vir 4
Oondbraaityd: Patats – 1½ uur
Snoek – 12 minute

• 4 groot patats
• 1 heel gevlekte snoek
• sowat 45 ml olyfolie
• sap van 1 suurlemoen
• sowat 80 g (90 ml) botter
• sout en varsgemaalde swartpeper
• mikrokruie

Verhit oond tot 200 °C. Voer ’n bakplaat uit met tinfoelie. Sny ’n kruisie net deur die skil bo-op elke patat. Plaas patats op bakplaat en in oond. Oondbraai sowat 1½ uur tot sag. Sny snoek in porsies. Sprinkel olyfolie op ’n aparte bakplaat en pak snoek bo-op. Sprinkel suurlemoensap oor. Sit sowat 15 ml botter bo-op elke snoekporsie. Geur met sout en peper. Plaas snoek 12 minute voor patats klaar is in dieselfde oond. Haal uit en sprinkel mikrokruie bo-oor. Sit voor saam met gebakte patats.

Wenk: Maak smoorsnoek met die oorskietvis. Besoek sarie.com vir ’n resep: vinnige gerookte smoorsnoek, SARIE KOS April/Mei 2012. Jy kan die gerookte snoek in die resep met die oondgebakte snoek vervang.