sk08_2_6hrtuis06
Gebak

Oondgebakte stokvis met tamatie en room

(30 minute – 4 porsies)

  • 450 g bevrore stokvisfilette
  • 200 g rosa-tamaties
  • 10 sprietuie, gekap
  • handvol vars basiliekruid, grofgebreek
  • 250 ml room
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit jou oond tot 200 °C. Plaas die stokvisfilette in ’n oondbak saam met die rosa-tamaties. Sprinkel die sprietuie en vars basiliekruid oor. Gooi die room oor en geur met sout en peper. Bak vir so 25 tot 30 minute. Sit voor saam met ’n lekker slaai en gekookte baba-aartappeltjies.