FOTO Micky Hoyle

FOTO Micky Hoyle

Kos

Paella op die kole

(8 – 10 porsies)

• sowat 60 ml olyfolie
• 8 hoenderboudjies
• 1 rooi soetrissie
• 1 geel soetrissie
• 1 oranje soetrissie
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 4 Spaanse worse
• 1 blik (410 g) gekapte tamaties
• 3 ml gerookte paprika
• 5 ml borrie
• 2 lourierblare
• 250 ml (1 koppie) witrys
• 250 ml witwyn
• 1,5 liter warm hoenderaftreksel
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Maak seker die kole is lekker warm. Plaas jou pan op ’n  staander op die vuur en verhit die olie. Braai die hoender tot dit begin bruin raak. Voeg die soetrissies by en braai vir 2 minute. Voeg ui, knoffel en wors by. Braai vir 5 minute verder. Voeg die tamaties, paprika, borrie, lourierblare en rys by. Roer goed. Voeg wyn by en laat kook tot die vloeistof weggekook het  Voeg aftreksel ’n koppie op ’n slag by. Gee jou  aella so elke nou en dan ’n roer. Geur met sout en peper en voeg heeltyd aftreksel by – dit moenie droogkook nie. Dis reg wanneer die rys en hoender gaar is – jy moet maar toets. Dit neem gewoonlik 30 – 35 minute afhangende hoe warm jou vuur is.