Pampoen-en-garnaalsop

Pampoen-en-garnaalsop FOTO Donna Lewis

Resepte

Pampoen-en-garnaalsop

My nuwe weergawe van die klassieke Franse vissop bouillabaisse. Dit word tradisioneel met tamatie gemaak, maar ek maak dié een met pampoen.

genoeg vir 6

• 45 ml olyfolie
• 45 ml botter
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 2 brandrissies, fyngekap
• 30 ml kerriepoeier
• 500 ml hoenderaftreksel
• 500 g geskilde pampoen
• 16 (sowat 200 g) steurgarnale,doppe verwyder
• sout en varsgemaalde swartpeper

Plaas olyfolie, botter, ui en knoffel in mikrogolfbestande glasbak. Verhit op Hoog vir 5 – 8 minute of tot ui deursigtig is. Voeg res van bestanddele, buiten garnale, by. Plaas terug in mikrogolfoond. Verhit verder op Hoog vir 12 – 15 minute of tot pampoen sag en gaar is. Maak met staafmenger fyn tot gladde mengsel. Plaas garnale in sop en verhit mengsel 5 minute lank op Hoog in mikrogolfoond. Geur goed met sout en peper. Sit voor.