sr1212_kersfees_kos_11_
Resepte

Pancetta en witwyn-mossels

(genoeg vir 8)

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 200 g pancetta of spek, in blokkies gekap
  • 250 ml witwyn
  • 250 ml room
  • hand vol pietersielie, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 2 kg swartmossels, skoongemaak

Verhit olyfolie in ’n middelslag-pot. Voeg ui, knoffel en pancetta by. Roerbraai vir 8 – 10 minute of tot goudbruin en bros. Voeg witwyn en room by. Verlaag hitte en laat prut vir 5 minute of tot romerige sous. Roer pietersielie by en geur goed met sout en swartpeper. Voeg mossels by en plaas deksel op pot. Laat kook vir 5 – 8 minute of tot mosseldoppe oopgaan. Ver wyder alle mossels wat nie oopgegaan het nie. Sit voor.

OM TE DRINK

Waterford Estate Chardonnay 2010 (R140)