Resepte

Pangebraaide vis met puttanesca-sous

(30 minute – 4 porsies)

Puttanesca-sous

  • 30 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 400 g klein rosa-tamaties, gehalveer
  • sowat 8 ansjovis-filette
  • sowat 30 ml kappertjiesaad
  • 100 g swart olywe, ontpit
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die gekapte ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg die tamaties, ansjovis-filette, kappertjiesaad en olywe by. Geur met sout en swartpeper. Laat oop kook vir sowat 20 minute. Braai die vis terwyl die sous kook.

Maak vis só gaar 

  • 30 ml olyfolie
  • 30 ml botter
  • 500 g stokvis-filette
  • sap van 1 suurlemoen
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit die olyfolie en botter saam in ’n pan tot die botter gesmelt het. Geur vis met die suurlemoensap, sout en swartpeper. Plaas vis velkant na onder in die pan. Braai vir sowat
5 minute. Draai die vis versigtig om en braai vir nog 5 minute. Plaas vis op ’n opdienbord en skep die sous oor. Sit voor saam met kapokaartappels.