Pasta

Pasta met vars tamaties en gerookte forel

(4 – 6 porsies)

  • 4 groot rosa-tamaties
  • 200 g gerookte forel, in repe geskeur
  • 250 ml laevet-room
  • 30 g vars basiliekruid, grofgebreek
  • 200 g swart olywe, ontpit en gehalveer
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 pak spaghetti

Sny ‘n kruisie net deur die vel van die tamatie, dompel in kookwater en laat staan vir 2 minute. Trek velle af en sny in helfte. Skep pitte uit en sny tamaties in klein blokkies. Meng dit met forel, room, basiliekruid en olywe. Geur met sout en peper. Kook pasta volgens aanwysings op pak en dreineer. Meng sous deur pasta en sit dadelik voor.