Pasta

Penne met gapermossels

4 porsies – 25 minute

  • 50 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 500 g klein rosa-tamaties, gehalveer
  • hand vol vars basiliekruidblare, gebreek
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 blik (200 g) baba-gapermossels (baby clams), gedreineer
  • sowat 400 g penne-pasta
  • 100 g pecorino-kaas, gerasper

Verhit olyfolie in ’n kastrol. Braai ui en knoffel saam tot sag en deurskynend. Voeg rosa-tamaties en basiliekruid by. Geur met sout en swartpeper. Braai tot tamaties sag is. Voeg gapermossels by en braai verder vir sowat 10 minute. Kook intussen die pasta volgens die aanwysings op die pak. Dreineer en voeg by die sous. Sit voor met pecorino-kaas.