Foto deur Lee Malan SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Pasta

Pennepasta met salami, mossels en ertjies

Nie alle mossels gaan oop in die kookproses nie. Party mense sê dit moet weggegooi word; ander meen dis wel eetbaar.
(genoeg vir 4)
Gaarmaaktyd: 20 minute

  • 500 g pennepasta
  • 30 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 50 g salami, blokkies gesny
  • 250 ml ertjies
  • 500 g mossels
  • 250 ml witwyn
  • 250 g crème fraîche
  • sap van 1 suurlemoen
  • hand vol vars gemengde kruie, fyngekap (kruisement, koljander, dille, pietersielie)

Kook pasta volgens aanwysings op verpakking. Verhit olyfolie in ’n pan. Braai ui en salami saam tot ui sag is en lekker kleur kry. Voeg ertjies, mossels en witwyn by. Plaas deksel op, en laat stoom tot mossels oopgaan. Roer crème fraîche, suurlemoensap en kruie deur. Geur met sout en peper. Meng met gaar pasta en sit voor.