Foto deur Micky Hoyle

Resepte

Pepermakriel-patee met geroosterde sampioene

(4 porsies)
Verhit oond tot 180 °C. Trek velle van 300 g gerookte pepermakriel af en maak baie fyn met vurk. Meng 250 g roomkaas en 2 sprietuie, fyngekap, by. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Skep in bakkie en hou in yskas. Plaas 8 groot bruin sampioene in oondbak en sprinkel 2 fyngekapte knoffelhuisies, 5 ml fyngekapte groen brandrissie en 30 ml olyfolie oor. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper en plaas in warm oond. Oondbraai sowat 15 minute. Sit warm voor met patee en groenslaai.