Foto deur Micky Hoyle

Foto deur Micky Hoyle

Resepte

Salm en RÖsti

Rasper 6 geskilde aartappels en gooi sout oor. Laat staan ’n paar minute en druk dan al die vloeistof uit met die hand. Plaas lepels vol gerasperde aartappel in warm pan met olyfolie. Druk aartappel plat, sodat dit ’n koekie vorm. Braai albei kante tot bros. Geur met peper. Sit voor met 500 g salm, 40 g roket, suurlemoenwiggies en 250 ml crème fraîche gemeng met  60 ml kappertjiesaad.

Wenk
Koop bevrore rösti klaar by Woolworths.