Lee malan

Kos

Sardientjies in spek met wilde rys

Jy koop die sardientjies bevrore en ontdooi dit eers voor jy dit gaarmaak.
Genoeg vir 4
Gaarmaaktyd: 30 minute

  • 250 ml wilde bruinrys
  • 2 ciabatta-rolletjies, fyngekap in voedselverwerker
  • 1 takkie roosmaryn, fyngekap
  • klein hand vol pietersielie, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 15 ml mosterd
  • 60 ml botter, gesmelt
  • 15 ml heuning
  • sout en varsgemaalde
  • swartpeper
  • 250 g strepiespek (streaky)
  • 8 sardientjies, skoongemaak en ingewande verwyder
  • 60 ml olyfolie
  • slaai van jou keuse

Verhit oond tot 200 °C. Kook rys volgens aanwysings op verpakking. Meng broodkrummels, roosmaryn, pietersielie, knoffel, mosterd, gesmelte botter en heuning goed in ’n mengbak. Geur met sout en peper. Vul skoongemaakte sardientjies met broodmengsel en draai elke vissie in spek toe. Pak op bakplaat en sprinkel met olyfolie. Oondbraai 20 – 30 minute tot vis gaar en spek bros is. Sit voor met wilde bruinrys en ’n groenslaai.