Resepte

Sardientjies op roosterbrood

(4 porsies)

  • 4 snye bruinbrood, gerooster
  • 2 blikkies (106 g elk) sardientjies
  • 100 g gerasperde cheddarkaas

Skakel die rooster-element van jou oond aan. Halveer elke sny roosterbrood. Sit die halwe snye op ’n bakplaat. Plaas so 3 sardientjies op elke broodhelfte. Besprinkel met die cheddarkaas en plaas onder die rooster-element tot die kaas gesmelt het. Sit dadelik voor.