FOTO: Donna Lewis

Resepte

Seekos-en-aspersieslaai

Sit louwarm voor as ’n slaai

genoeg vir 6 – 8

  • 500 g baba-aartappels
  • 400 g vars aspersies
  • 45 ml olyfolie
  • 45 ml botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 rooi brandrissie, fyngekap
  • sap en skil van 2 suurlemoene
  • 125 ml witwyn
  • 1 x 30 g-houer italiaanse pietersielie
  • 500 g swartmossels, skoongemaak
  • 18 steurgarnale, skoongemaak
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • vars basiliekruid om voor te sit

Plaas aartappels in pot met water en bring tot kookpunt. Laat kook vir 10 – 12 minute of tot aartappels gaar is. Skep uit water en hou eenkant. Bring dieselfde water weer tot kookpunt en dompel aspersies vir ’n minuut daarin. Dreineer.

Verhit olyfolie en botter tot warm in groot pot. Voeg uie, knoffel, brandrissie, sap en skil van suurlemoen by. Roerbraai tot uie begin verkleur. Gooi wyn en pietersielie by. Plaas mossels en garnale saam in die pot en meng deur. Bedek en laat kook vir 5 – 8 minute of tot mosseldoppe oopgaan en garnale gaar is. Halveer aartappels en voeg saam met aspersies by in dieselfde pot. Meng deur. Geur met sout en peper. Sit voor met vars basiliekruid en ekstra suurlemoen.