FOTO Micky Hoyle

SARIE KOS AUG/SEP 2012

FOTO Micky Hoyle SARIE KOS AUG/SEP 2012

Pasta

Seekos-pasta

genoeg vir 4

• 1 x 400 g-blik gekapte tamaties
• 1 knoffelhuisie, fyngekap
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 250 ml room
• 20 ml olyfolie
• 500 g calamari-buise en -tentakels
• 250 g fettuccine-pasta
• hand vol vars basilieblare

Plaas tamaties en knoffel in ’n pan. Verhit tot kookpunt en laat prut vir so 5 minute. Geur met sout en peper. Voeg room by en laat oop prut vir sowat 10 minute.Verhit die 20 ml olyfolie in ’n ander pan. Voeg calamari by. Braai oor hoë hitte vir sowat 8 minute. Geur met sout en peper. Voeg by tamatie-roomsous en laat prut vir sowat 5 minute. Kook pasta volgens aanwysings op pak en dreineer. Meng deur sous en sprinkel vars basiliekruid bo-op.