Foto's deur Donna Lewis

Gebak

Seekospakkie

(2 PORSIES)

  • 100 g vars aspersies
  • 200 g kersietamaties
  • 12 garnale, skoongemaak (kyk by jou supermark vir die soort wat reeds skoon is)
  • 200 g calamari
  • 100 g mossels, uit doppe verwyder
  • 2 x 200 g witvis-filette
  • 45 ml botter
  • 1 suurlemoen, in skywe gesny
  • 100 ml witwyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • hand vol vars basilie

1. Verhit oond tot 180 °C. Plaas tweestukke tinfoelie (sien bl. 44 ) vansowat 40 cm x 40 cm op ’n skoon werkoppervlak. Verdeel groente enseekos tussen elke stuk tinfoelie.

2. Verdeel botter tussen pakkies gevolgdeur ’n sny suurlemoen. Verdeel wyn tussen elkeen en geur goed met sout en swartpeper. Sprinkel nou die basilieblare oor.

3. Vou tinfoelie bo-oor vis en groente om ’n pakkie te vorm. Rol kante om en druk stewig vas.

4. Draai pakkie na jou toe en vou oorblywende rande om. Druk dit stewig vas. Plaas pakkies op ’n bakplaat en bak vir 15 minute in warm oond of tot pakkie heeltemal van die stoom opgeblaas is. Sit voor op ’n mooi opdienbord.

WENK: Jy kan die vis met hoenderborsies vervang. Sny dan net die borsie in repies en bak vir sowat 10 minute langer. Bly jy ver van die see af? Al die groot supermarkte het ’n verskeidenheid bevrore seekos soos mossels uit die dop en calamari-ringe. Ontdooi dit die vorige dag in jou yskas en gebruik soos resep sê.