Foto's deur Micky Hoyle

Pasta

Skelvis-en-pastagereg

(LEWER 6 PORSIES)
PORSIEGROOTTE: ± 200 g

  • 150 g rou durumkoring-pasta (skulpe of penne)
  • 400 g gerookte skelvisfilette, ontvel en in 2 cm-blokkies gesny
  • 15 ml olyf- of kanola-olie
  • 1 (100 g) middelslag-ui, gekap
  • ½ (100 g) groot rooi soetrissie, ontpit, in dun repies gesny
  • 125 g wit sampioene, in dun skyfies gesny
  • 400 g-blik heel tamaties in tamatiesap
  • 1 hoenderaftreksel-blokkie
  • 2,5 ml borrie
  • 1,25 ml paprika
  • 5 ml droë Italiaanse kruie
  • 1 x 225 g-blikkie ingemaakte botterbone in pekelwater (138 g gedreineer)
  • 250 ml/g vars of bevrore groenertjies
  • 15 ml vars suurlemoensap
  • hand vol vars koljander, gekap
  1. Kook pasta 8 – 10 minute in soutwater tot net gaar (al dente). Dreineer, hou warm.
  2. Prut vis vir 3 – 5 minute in ’n bietjie water tot net gaar. Dreineer en voeg by pasta.
  3. Verhit olie tot matig warm en roerbraai ui, soetrissie en sampioene tot die ui deurskynend is.
  4. Sny die tamaties baie fyn of verpulp tamaties en inmaaksap tot byna glad en roer by gebraaide mengsel. Voeg aftreksel, borrie, paprika, kruie, botterbone en ertjies by tamatiesous en prut vir 1 minuut. Roer gaar pasta, skelvis en suurlemoensap by tamatie-mengsel en prut vir 2 – 3 minute sodat geure kan meng. Sit warm voor met vars koljander.

WENKE

  • Skelvis-en-pastagereg is ook ’n lekker koue ete. As jy besluit om dit in te pak vir werk, is dit BAIE BELANGRIK om dit voortdurend goed verkoel te hou om voedselvergiftiging te voorkom.
  • Jy kan die skelvis vervang met 2 x 170 g-blikkies soliede tuna in pekelwater of ± 250 g tot 300 g gaar