Resepte

Skelvis-koekies met aartappel

(4 porsies)

  • 500 g skelvis (haddock)
  • 4 snye witbrood
  • 1 eier
  • 30 ml pietersielie
  • sap van halwe suurlemoen
  • varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 60 ml sonneblomolie
  • 700 g baba-aartappels, met skil
  • 60 g botter
  • hand vol vars basiliekruid (opsioneel), gekap
  • sout na smaak

Stoom die skelvis tot gaar. Laat effens afkoel. Kap die witbrood fyn in jou voedselverwerker. Vlok die vis met ’n vurk. Meng die vis, brood, eier, pietersielie en suurlemoensap in ’n mengbak. Geur met swartpeper – jy hoef nie sout by te voeg nie, skelvis is reeds sout. Vorm in koekies. Verhit die sonneblomolie in ’n pan en braai die viskoekies weerskante tot goudbruin. Kook die baba-aartappels met skil tot sag. Druk hulle met ’n vurk stukkend en voeg die botter by. Meng goed deur en voeg die basiliekruid by as jy wil. Geur met sout en swartpeper. Sit voor saam met die viskoekies.