sarie_009597_extend
Resepte

Skelvis met lemoen

(4 porsies)

  • 4 skelvis-filette
  • 100 ml olyfolie
  • varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 3 lemoene, geskil en in skywe gesny
  • 30 ml koekmeel
  • 15 ml botter
  • sap van 2 lemoene
  • hand vol vars basiliekruid
  • nog lemoenskywe as garnering
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Plaas skelvis-filette in ‘n bak. Gooi olyfolie oor. Geur met swartpeper en plaas lemoenskywe bo-op. Bedek met kleefplastiek en laat marineer vir sowat 1 uur in die yskas. Haal vis uit marinade en droog af met kombuispapier. Hou marinade en lemoenskywe eenkant. Bedek vis liggies met meel. Verhit van die  marinade in ‘n pan. Braai vis vir sowat 2 minute aan elke kant. Hou vis eenkant warm. Gooi res van marinade in pan. Smelt botter daarmee saam en voeg lemoenskywe by. Voeg sap by en laat afkook tot effens dik. Gooi sous oor vis en garneer met lemoenskywe en vars basiliekruid. Geur liggies met min sout en swartpeper.

Om te drink: Neethlingshof gewürztraminer