Foto deur Micky Hoyle

Gebak

Skelvis-tert

(4 porsies)

Verhit oond tot 180 °C. Voer ’n 26 cm tertbak of plat oondbak uit met 1 vel (400 g) blaardeeg. Stoom 500 g skelvis tot gaar. Verhit 15 ml botter en 15 ml olyfolie saam in ’n pan. Braai 250 g heel sampioene tot gaar en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Vlok skelvis in groot stukke. Pak vis saam met sampioene in gevoerde oondbak. Klits 4 eiers saam met 250 ml melk en 250 ml room. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper.Gooi oor vis en sampioene. Sprinkel sowat 30 ml gekapte pietersielie oor en plaas in oond. Bak vir sowat 45 minute tot vulsel gestol en deeg gaar is. Sit warm voor.