Foto deur Donna Lewis
SARIE KOS OKT/NOV 2013

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS OKT/NOV 2013

Gebak

Snoek-en-patat-koekies

Meng snoek en patats om ’n lae- GI-viskoekie te maak.
Genoeg vir 12

• 240 g (250 ml) soetpatats, gaar gekook en fyngedruk
• 400 g gerookte snoek, fyngevlok
• hand vol koljander, fyngekap
• 1 ui, fyngekap
• 2 eiers
• 140 g (250 ml) steengemaalde volkoringmeel (ekstra om deeg in te rol)
• sap en skil van 2 suurlemoene
• 45 ml korrelmosterd
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 2 rooi brandrissies, fyngekap
• sout en varsgemaalde swartpeper
• laevet-jogurt en ekstra suurlemoen

Meng al die bestanddele in ’n groot mengbak tot stywe mengsel vorm. Gooi nog meel by as dit nodig is. Geur goed met sout en peper. Verdeel mengsel in 12 porsies en vorm ronde balle. Doop die balle in ekstra meel en druk effens plat met handpalm. Verhit kole tot medium-warm. Voer toeklaprooster aan een kant uit met tinfoelie en spuit goed met kleefwerende kossproei. Sprinkel olie op tinfoelie en pak koekies bo-op. Maak rooster toe en plaas met foeliekant na onder op kole. Braai sowat 8 – 10 minute per kant of tot lekker goudbruin. Maak rooster oop en draai koekies versigtig om met eierspaan. Braai verder tot bruin en gaar. Sit warm voor met laevet-jogurt en ekstra suurlemoen.