Foto deur Micky Hoyle
SARIE KOS DES 13/JAN 14

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS DES 13/JAN 14

Gebak

Snoek-en-patatkoekies met appelkoos-roomsous

Lewer 6 koekies
Gaarmaaktyd: 20 minute

• 200 g gaar snoek, gevlok
• 450 g gaar patat, fyngedruk
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• klein hand vol koljander, fyngekap
• 60 ml vars broodkrummels
• 30 ml olyfolie
• sout en varsgemaalde swartpeper

Sous

• 30 ml créme fraîche (suurroom)
• 15 ml mayonnaise
• 15 ml appelkooskonfyt

Verhit oond tot 200 °C. Plaas snoek, patat, knoffel, koljander, broodkrummels en olyfolie in ’n mengbak en meng goed. Geur met sout en peper. Vorm viskoekies en plaas op bakplaat. Bedek met kleefplastiek en sit in yskas vir 15 minute. Meng die suurroom, mayonnaise en appelkooskonfyt vir die sous en plaas in yskas tot benodig. Bak viskoekies 20 minute in warm oond tot bruin van kleur. Sit voor met appelkoos-roomsous.

Wenk
Die patat laat die viskoekie lekker soet smaak.