FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Bykos

Snoek-samoesas

Dis byna soos smoorsnoek in ’n bros kombers van deeg.

Genoeg vir 8 – 10 

• 1 ui, fyngekap
• 1 knoffelhuisie, fyngekap
• 1 rooi brandrissie, fyngekap
• 1 hand vol koljander, fyngekap
• 200 g gerookte snoek, grate verwyder
en baie fyn gevlok
• 60 ml goeiegehalte-mayonnaise
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 45 ml koekmeel
• 45 ml water
• 10 velle samoesadeeg
• sonneblomolie vir diepbraai
Meng ui, knoffel, rissie, koljander, snoek en mayonnaise. Geur goed met sout en peper. Meng meel en water om gladde mengsel te maak.
Plaas ’n reghoekige strook samoesadeeg op werkoppervlak. Skep ’n bietjie vulsel op die driehoek tweede van links. Vou boonste hoek van die deeg oor die vulsel sodat jy ’n gevulde driehoek het. Lig die driehoek met vulsel op en vou na regs. Hou so aan tot die hele strook deeg opgevou is. Verf die eindpunt van die deeg met meel-en-watermengsel en druk stewig vas. Verhit sonneblomolie tot warm en diepbraai samoesas tot goudbruin en bros. Dreineer en sit warm voor.