Foto deur Micky Hoyle

Gebak

Snoekkoekies

(4 porsies – 8 koekies)
Verhit oond tot 180 °C. Week 5 snye witbrood in 80 ml melk tot brood sag is. Verwyder vel en grate van 400 g gerookte snoek en vlok fyn. Meng brood en vis met halwe ui, fyngekap, 30 ml fyngekapte pietersielie, fyngerasperde skil van halwe suurlemoen, 2 fyngekapte knoffelhuisies, 2 geklitste eiers en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Vorm koekies en sit in yskas vir sowat 20 minute. Verhit sowat 60 ml olyfolie en braai viskoekies so 5 minute aan elke kant. Pak op bakplaat en oondbraai 15 minute tot gaar. Sit warm voor saam met vars suurlemoenwiggies en slaai van jou keuse.