Foto deur Donna Lewis SARIE KOS APR/MEI 2014

Bykos

Snoekpatee met patattjips

Jy maak dit sommer vinnig-vinnig, want die gerookte snoek is reeds gaar.
Genoeg vir 6 – 8

• 400 g gerookte snoek, gevlok
• 1 x 250 ml-houer roomkaas
• 2 sprietuie, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 1 rooi brandrissie, fyngekap
• sout en varsgemaalde swartpeper Tjips
• 3 groot patats
• sonneblomolie vir diepbraai

Plaas die snoek, roomkaas, uie, knoffel en rissie in ’n voedselverwerker se bak en puree by hoë spoed tot ’n gladde patee vorm. Geur goed met sout en swartpeper. Skep in mooi bakkies en smeer gelyk. Tjips Gebruik mandolien of skerp mes en sny patats met skil aan in papierdun skywe. Hou skywe in bak met water tot alles gesny is. Verhit olie tot warm in pot. Dreineer patatskywe en maak droog met handdoekpapier. Diepbraai tjips in warm olie tot goudbruin en bros. Dreineer gaar tjips op handdoekpapier. Geur goed met sout en peper. Sit voor met patee.