Foto deur Donna Lewis SARIE KOS APR/MEI 2014

Gebak

Snoekpizza

Wie sê nee vir vuurwarm pizza vars uit die oond – veral nie as daar snoek
in is nie!
Genoeg vir 2

• 2 pizza-basisse
• 60 g tamatiepasta
• 1 x 250 g-pakkie gerookte snoek, grate verwyder en fyngevlok
• 200 g verouderde cheddar, fyngerasper
• 250 g bruin sampioene, gehalveer
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 20 ml droë origanum

Verhit oond tot 220 °C. Plaas pizzabasisse op oondbakplaat. Verdeel tamatiepasta tussen pizzas en smeer met agterkant van lepel oor elke basis. Sprinkel snoek oor en verdeel kaas tussen pizzas. Pak sampioene bo-op. Geur goed met sout en swartpeper. Sprinkel origanum oor. Plaas in warm oond en bak 15 – 20 minute of tot kaas gesmelt het en sampioene gaar is. Sit pizzas warm voor.