Foto deur Lee Malan

SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Foto deur Lee Malan SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Pasta

Soort van gremolata-spaghetti met sardientjies

Ligte pasta propvol pret.
(Genoeg vir 4)
kooktyd: 10 minute

  • 500 g spaghetti
  • 60 ml olyfolie
  • 2 suurlemoene se gerasperde skil
  • 2 knoffelhuisies
  • groot hand vol pietersielie
  • 1 rooi brandrissie, pitte verwyder
  • skil van 1 lemoen
  • 50 g parmesaankaas
  • sout en varsgemaalde peper
  • 1 x 100 g-bottel kappertjiesaad, grofgekap
  • 2 x 120 g-blikkies sardientjies in olie

Kook spaghetti volgens aanwysings op pak. Verwerk olyfolie, suurlemoenskil, knoffel, pietersielie, rissie, lemoenskil en parmesaankaas saam in ’n voedselverwerker tot fyn om gremolata te maak. Geur met sout en peper. Dreineer pasta en gooi gremolata oor. Voeg kappertjiesaad en sardientjies met olie en al by en meng goed deur.