Foto deur Micky Hoyle

Pasta

Spaghetti met geblikte tuna en swart olywe

(4 porsies)

Verhit 30 ml olyfolie in diep pan. Voeg 400 g klein rosa-tamaties en 2 fyngekapte knoffelhuisies by en braai tot tamaties net wil begin bars. Voeg 1 blik (170 g) gedreineerde tuna en 200 g ontpitte swart olywe by. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Laat prut sowat 10 minute. Kook 1 pak (500 g) spaghetti volgens aanwysings op pak en dreineer. Skep sous op pasta en sit voor saam met 40 g vars roket.