FOTO Donna Lewis

6 uur tuis, eet half 7

Spaghetti met olywe en tuna

(4 porsies)

  • 45 ml olyfolie
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 1 ui, fyngekap
  • 400 g kersietamaties
  • 200 g swart olywe, ontpit en gekap
  • 400 g tuna, gedreineer
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 x 500 g-pak spaghetti
  • 30 g parmesaanskaafsels

Verhit olyfolie in ‘n mediumgroot pot. Plaas knoffel en ui in pot en braai liggies tot goudbruin. Voeg tamaties by en braai stadig vir sowat 5 – 8 minute of tot tamaties bars. Voeg olywe by en braai vir nog 5 minute, gevolg deur tuna. Braai liggies vir 2 minute of tot tuna warm is. Geur goed met sout en swartpeper. Kook pasta volgens aanwysings op pak en dreineer. Gooi by tunamengsel en meng goed. Sit warm voor met parmesaanskaafsels.

Wenk: Maak parmesaanskaafsels deur ‘n skerp groenteskiller oor parmesaankaas te trek.

  • Adele Momberg

    gaan dit sommer vanaand opdis dankie

  • Trudie Le Roux

    So opgewonde ek het die resep ontdek. Ons gesin is baie lief vir tuna en pasta en dit klink so reg in my kraal!! Gaan dit sommer in die week maak!