sk0409budget05
Pasta

Spaghetti met tuna-frikkadelle

(4 porsies)

  • 15 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 2 blikke gekapte tamaties
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 3 blikke tuna in olie
  • krummels van 3 snye witbrood
  • 15 ml suurlemoensap
  • 1 eier
  • 1 pak spaghetti

Verhit die olyfolie in ’n kastrol. Braai die ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg die tamaties by en geur met sout en swartpeper. Laat oop kook tot verdik. Dreineer die tuna, maar behou die olie. Vlok die vis met ’n vurk in ’n mengbak. Voeg die broodkrummels, suurlemoensap en eier by. Geur met sout en swartpeper. Vorm die mengsel in frikkadelle. Verhit van die tuna-olie in ’n pan en braai die frikkadelle vir so 5 minute. Gooi die tamatiesous oor die frikkadelle. Kook die spaghetti volgens die aanwysings op die pak. Skep die frikkadelle en sous bo-op die spaghetti en sit voor.