Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS AUG/SEP 2012

Resepte

Steurgarnaal-bruschettas

(genoeg vir 4)

  • 25 ml olyfolie
  • sowat 800 g steurgarnale, skoongemaak en doppe verwyder
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • sap van 1 suurlemoen
  • 1 groen brandrissie, fyngekap (opsioneel)
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 4 snye suurdeegbrood
  • 30 ml basiliepesto
  • groot hand vol vars roket
  • vars suurlemoen

Verhit olyfolie in pan. Voeg steurgarnale by. Braai oor matige hitte en voeg knoffel, suurlemoensap en brandrissie by. Geur met sout en peper. Braai tot steurgarnale pienk word, dan weet jy hulle is gaar. Rooster die brood. Smeer pesto op elke sny en skep garnale bo-op. Sprinkel roket oor en sit voor saam met gesnyde vars suurlemoen.