Resepte

Steurgarnaal-en-ertjie-slaai

(4 porsies)

  • 45 ml botter
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 300 g steurgarnale, doppe verwyder
  • 200 g groenbone, in die lengte gehalveer
  • 120 g ertjies, vars of bevrore
  • sap en skil van 2 suurlemoene
  • handvol pietersielie, gekap
  • 60 ml olyfolie
  • 1 x 100 g-sak slaaiblare van jou keuse
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit botter tot warm in ‘n mediumgroot pan. Braai knoffel liggies in botter vir 2 minute. Voeg garnale by en braai vir 5 minute. Voeg groenbone, ertjies, suurlemoenskil en pietersielie by. Braai vir nog 3 – 5 minute of tot garnale gaar is. Hou eenkant. Meng olyfolie en suurlemoensap vir slaaisous. Meng slaaiblare met garnaalmengsel. Plaas in slaaibak en gooi slaaisous oor. Geur goed met sout en swartpeper.

Wenk: By die supermark kan jy skoongemaakte garnale kry.