Foto deur Mickey Hoyle
SARIE KOS OKT/NOV 2013

Foto deur Mickey Hoyle SARIE KOS OKT/NOV 2013

Gebak

Steurgarnaal-en-krap-samoesas

Ek gebruik geblikte krap, want heel krappe is nie altyd beskikbaar nie.
Vulsel genoeg vir sowat 30 – 40

• 2 aartappels, geskil
• 30 ml sonneblomolie
• 1 ui, fyngekap
• 1 knoffelhuisie, fyngekap
• 5 ml borrie
• 10 ml garam masala
• 2 x 170 g-blikke krapvleis, gedreineer
• 15 ml suurlemoensap
• 10 ml groen brandrissie, fyngekap
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 300 g gaar steurgarnale, klaar skoongemaak en in stukkies gesny
• klein hand vol vars koljander, fyngekap
• 1 pak samoesa-deeg

Plaas aartappels in ’n kastrol en bedek met water. Bring tot kookpunt en kook tot sag. Dreineer en hou eenkant. Verhit olie in diep pan. Gooi ui en knoffel in en braai tot sag en deurskynend. Voeg borrie en masala by en braai sowat 3 minute. Voeg krapvleis, suurlemoensap en brandrissie by. Braai sowat 2 minute. Geur met sout en peper. Hou eenkant. Druk aartappels grof fyn met vurk. Voeg aartappels, steurgarnale en koljander by krapvleismengsel en meng goed. Laat heeltemal afkoel voor jy jou samoesas vou en diepbraai