sk08_4summerfields05
Resepte

Steurgarnaal-en-papajaslaai

(6 porsies)

  • 1 pak gemengde slaaiblare, gewas
  • olyfolie en balsemasyn na smaak
  • 1 papaja, in klein blokkies gesny
  • 3 groen appels, in skyfies gesny
  • 1 komkommer, in lang skywe gesny
  • 1 rooi soetrissie, in dun skyfies gesny
  • 20 g kappertjiesaad
  • 100 g macadamia-neute
  • 50 g botter
  • 15 ml knoffel, fyngekap
  • 24 steurgarnale, met are verwyder
  • 100 ml soet brandrissie-sous
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • sap van 2 suurlemoene
  • 100 ml mayonnaise
  • 10 – 15 ml wasabi-pasta
  • sap van halwe suurlemoen
  • 10 ml gekapte dille
  • suurlemoen-wiggies en dille-takkies vir garnering

Plaas die slaaiblare in ’n groot mengbak. Sprinkel ’n klein bietjie olyfolie en balsemasyn oor. Verdeel die slaai op die opdienborde. Rangskik die papaja, appels, komkommer, soetrissie, kappertjiesaad en neute op die slaaiblare. Verhit ’n pan en gooi die botter en knoffel daarin. Braai die steurgarnale tot die doppe pienk word – jy weet dan dis gaar. Voeg die soet brandrissie-sous by en geur met sout en swartpeper. Laat afkoel. Rangskik die steurgarnale bo-op die slaai. Meng die mayonnaise, wasabipasta, suurlemoensap en dille. Sprinkel hierdie sous oor die slaai en garneer met suurlemoen-wiggies en vars dille-takkies.